Группа авторов Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids Graad 4
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids Graad 10
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 7 Eerste Addisionele Taal
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids Graad 6
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 8 Eerste Addisionele Taal
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids Graad 11
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 9 Eerste Addisionele Taal
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids Graad 5
Belinda Prinsloo Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 12 Eerste Addisionele Taal
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Graad 4 Onderwysersgids vir Huistaal
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Graad 6 Onderwysersgids vir Huistaal
Группа авторов Best Books Eksamenhulp: Graad 12 Afrikaans Eksamenoefenboek vir Eerste Addisionele Taal
Группа авторов Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leerderboek Graad 10

Piekfyn Afrikaans Graad 10 bevat piekfyn, hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir dié van julle wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal aanleer. Boonop word taalleerstof op ’n boeiende en dikwels prettige manier met dié van verskeie ander vakke geïntegreer om julle ervaringswêreld te verryk en uit te brei.
Wanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van ’n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie vordering en prestasie te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in ’n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoë ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep.
Geniet hierdie piekfyn leerervaring!
/ / похожие
ПодробнееHenk Viljoen Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal

Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.
Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en waardering verskeie fiksie- en niefiksietekste lees; • verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer; • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; • aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.
Maar dis nie al nie . . . Piekfyn Afrikaans help jou met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge.
Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
/ / похожие
ПодробнееHenk Viljoen Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Piekfyn Afrikaans Graad 8 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.
Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: • verskeie stories en inligtingstekste lees; • visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies; • hardoplees en toesprake lewer; • aandagtig en krities na inligting en stories luister; • taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.
Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge. Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ʼn storie, gedig of ʼn drama te skryf!
Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
/ / похожие
ПодробнееHenk Viljoen Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.
Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • verskeie stories en inligtingstekste lees; • visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies; • hardoplees en toesprake lewer; • aandagtig en krities na inligting en stories luister; • taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.
Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.
Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ’n storie, gedig of ’n drama te skryf!
Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag! Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
/ / похожие
Подробнее